top of page

PTF

'n Filter/PTH kombinasie

Die PTF het ‘n dubbele funksie: filtrering en waterkondisionering, d w s versagting en ontkalking.  Die filter-gedeelte verrig eersgenoemde funksie en  die allooi-katalisator kern laasgenoemde. 

Ons bevestig graag die volgende installasie-instruksies.

  • Let op die vloeirigting soos aangedui deur die pyl op die kop van die toestel. Die pyl wys na die verbruikspunt toe. Die water vloei deur die inlaat-opening  om die venturi-effek te bewerkstellig. Die water word deur die beginsel van de-ionisering behandel sodra dit deur die toestel vloei.

  • Die toestel word voorsien met 'n gronddraad (aardkabel) wat behoorlik verbind moet wees aan 'n koperpen minstens 1 (een) meter diep in die grond gekap is. (Growwe sout in klam grond by die pen kan vir goeie kontak gebruik word.)

  • 'n Stopkraan mag aan die inlaatkant van die PTF toestel aangebring word om watervloei te beheer tydens inspeksie. 

  • INSPEKSIE: Die PTF is so ontwerp dat hy oopgeskroef kan word en die filter- wassertjies asook die binne-kern uitgehaal word. Draai eenvoudig net die kop los Afhangende van hoeveel vaste partikeltjies deur die filter-komponent uitgefiltreer word, behoort die PTF om-en-by elke twee weke skoongemaak  te word. Die allooi-kern behoort om-en-by elke ses maande uitgehaal en skoongemaak word om deurlopende en doeltreffende werking te verseker. Die kern moet met 'n staalborsel geskuur of kan ook gesandblaas word.

  • Aanbeveling vir onderhoud van kern: * Munisipale water: 6-12 maandeliks

  • Plaaswoning: 3-6 maandeliks

  • Besproeiings- en nywerheidsaanwendings: 3 maandeliks

  • Installasie vir plaaswonings:  Tussen die opgaartenk en die huis.

  • Druk: Die druk behoort nie meer as 3-4 Bar te oorskrei nie

  • Wenk: Installeer altyd die toestel stroomaf van 'n pomp. Indien plastiekpyp nie gebruik word nie, isoleer verkieslik die PTF van die pomp d m v 'n rubber- of plastiekskyf op die lyn om die pomp se kragveld  te neutraliseer, aangesien dit ‘n uitwerking op die vrystelling van elektronie deur deur katalitiese kern mag hê. 

Groetnis

Die PTH Water-span

"My husband purchased the PTF Filter Combo in 2002.

The filter is still working very well and we regularly clean everything,
including the yellow discs inside the unit.

Thank you! Regards, Anneli Viljoen"

««»»

home page image buttons PTF.jpg
bottom of page